Wednesday, August 27, 2008

Noord-Kaap / Northern Cape

Terwyl ek die week onderhoude met ons FSA aansoekers in die Noord-Kaap doen, het dit my opgeval hoe lief ons is om diere af te beeld.



Upington


In die veld naby Upington. Daar naby was 'n boerbokmonument wat ek nie afgeneem het nie.


Nee, dis nie die foto wat skeef is nie, dis die horison! :-) Ek bly lief vir die Kalahari!


Barkly-Wes: September 2006 is ek deur die dorpie en toe het die SA vlag onderstebo gehang. Nou twee jaar later, is dit nog steeds onderstebo! Ek wonder of dit moedswillig is.


Dis die naam van die besigheid wat ons mooi vlag onderstebo hang. Bel hom en maak beswaar!


Olifantsfontein - dis 'n bul van 'n slaghuis!


Olifantsfontein se olifant.


Upington se donkiestandbeeld.

No comments: