Tuesday, August 5, 2008

Name word mense


Goeie more!

Die werk het my nou ingesluk.

Ook gister het name van e-pos-mense regte mense vir my geword.

By Sanlam, waar ons 'n wonderlike onderhoudkamer vir ons onderhoude met ons leerlinge gebruik, het ek Petro Treurnich ontmoet wat oor haar skoonsus in Australie 'n baie gereelde Naboom2Germany-leser was.

Gisteraand het ek met Marius Venter van Interexcel en sy vrou Mariaan gekuier. Marius het vir my die satelietmodem geborg. Dit was een van daardie besonderse aande met baie besonderse mense. Ek was werklik spyt ek het my kamera nie saamgeneem nie.

Die week het ek verdere ontmoetings met sulke wonderlike mense, soos die Schoemans van Bethlehem.

Lekker dag!

No comments: