Thursday, August 7, 2008

Die vrede van Naboom2Germany bly steeds met my

Goeie naand uit die mooie Oos-Vrystaat!

Vandag was 'n verdere mensedag.

Ek het my groot ou vriend van my onderwysjare na 8 jaar weer in Bloemfontein gesien. Anton van Wyk is skoolhoof by Jim Fouche. Die weersiens was goed, net soos die koffie en beskuit by sy lessenaar in sy kantoor.


Een van die onderhoude in Bloemfontein vandag was met Lize-Marie Swart, 'n kandidaat vir ons lang program met Duitsland. 'n Hoendervleis oomblik was toe sy begin het om Amazing Grace vir my te sing. Wat 'n stem! Wat 'n voorreg om met sulke jongmense te kan werk!

Ek slaap vanaand in Ladybrand in 'n gastehuis, My Housie. Toe ek die eienares sien, kon jy my met 'n veertjie omtik. Sy is Tinie Jaeger (Van der Merwe) en haar man. In 1981 was Tinie as standerd sessie in my Duitse klas. In 1984 was sy in my eerste uitruilgroep Duitsland toe. Vanaand sien ek haar die eerste keer weer sedert ons terugkeer in 1985. Sy en haar man het tot onlangs vir drie jare in Saoedi-Arabie gewerk. Haar ouer sussie Makkie woon nou in Kairo in Egipte!! Ek het in Kairo my enigste eensame oomblik gehad. As ek net geweet het Makkie woon daar naby!

Tinie sit met haar seuntjie Daniel op die rusbank.



Ek het vanaand in 'n interessante plekkie gaan eet. Sello Hlasa het by my kom sit en ons het lekker gesels en geeet. Vanaand het my droom van 'n nie-rassige wereld 'n stukkie realiteit geword. Thank you so much Sello for sharing so much. God bless you!

1 comment:

Sello said...

Hi Mr. It was nice to meet and talk to you last month when i met you at a restuarant in Ladybrand. I look forward to meet with you one day.

Keep the good spirit and take care.

Sello