Sunday, August 17, 2008

Soveel goedheid

Goeie naand!
 
Ek het vanmiddag vir die eerste keer sedert die einde van Naboom2Germany weer 'n wye draai met die KLR gaan ry. Dit was ook sommer 'n toets hoe dit met my regterarm na die operasie gaan. Alles is in die haak. Die arm vorder goed, die KLR is soos altyd onverbeterlik. Die fiets roep vir langpadry!
 
Die eerste aand van my toer het ek by Francistown in Botswana gekamp. Daar het ek Martin en Emmie van Zyl van Roodepoort ontmoet. Daar reeds het ek besluit om my fiets ligter te maak. Ek het vir hulle goed saamgegee terug SA toe. Die volgende dag het 'n skielike wind die papiertjie met hul naam en nommer weggewaai. Ek het toe in my kop my goedjies maar afgeskryf.
 
Gister kom toe die groot verrassing. Martin en Emmie het Naboom toe gekom vir 'n week vakansie by een van die oorde hier. Gistermiddag het hulle toe my toerusting vir my gebring!
 
Baie dankie Martin en Emmie! Die lys van goeie mense word langer!
 
Ek is die week in Kwazulu/Natal, Oos- en Wes-Kaap met my werk, die week daarna tot by Upington. As ek maar net met die KLR kon gery het!
 
Groete!
 
NS  Of vlg. jaar weer 'n Naboom2 ? reis is? Ek glo so ...

No comments: