Thursday, May 7, 2009

Uit Kanada

Hallo Lodie
 
Julle are bruis seker al van die adrenalien! Ek dink so baie aan julle, weet dat ek in die gees daar is. Geniet die local-etery, maar neem tog maar 'n blikkie kondensmelk ook saam en dink aan my as julle iewers daaraan teug. Miskien sal dit dan ook drie gate he. Ek hou julle blog met groot belangstelling dop, tien uit tien vir die motivering teen regstellende aksie. Sal laat die engelsman my help my die engels en dan skryf ek ook vir mnr Zuma.
 
Ek wens julle 'n reis toe, waarvan die paaie gelyk sal wees, vol van ondervinding en baie lag en vrolikheid. Geniet die voorreg wat julle beskore is. Ek glo en vertrou dat die Heer julle sal beskerm en vir julle 'n lig op die pad sal wees.
 
Geniet die samesyn met jou oudleerlinge.
 
Tsela Tshweu (Wit pad)
 
Groete
Estelle

No comments: