Monday, May 25, 2009

Nairobi, die finale proef, en ek word nostalgies

Goeie more!
 
So lyk die finale proef.
 
Vandag behoort ons te vertrek. Behoort. Ek wil nou gou vroegoggend probeer vir 'n vinnige olietap en nuwe oliefilter vir die Toyota.
 
Ek geniet die lees van die boek baie. Ek sien baie na die finale produk uit.
 
Op hierdie Maandagoggend het ek so 'n stukkie nostalgie oor my. Ek weet nie hoekom nie. Miskien omdat ek oor hierdie week se ry voel soos ek oor my tweede Comrades gevoel het. 'n Mens weet wat wag ...
 
Of mens noodwendig uitsien?
 
Groete aan almal in goeie ou SA en ook aan julle ouens in die buiteland.
 

No comments: