Saturday, January 24, 2009

Annami skryf

The show must go on
- Queen

Gisteraand het my batterye my finaal in die steek gelaat. Die kassiere by die supermarkie het my heel vriendelik uitgehelp. My aksent (en my totale onvermoë om Hebreeus te praat of te verstaan) het my vreemdelingskap verklap.

"Are you from London," het sy nuuskierig in haar spoegengels gevra. Haar gesig het eintlik verhelder soos wat ek aan haar verduidelik dat ek eintlik van Suid-Afrika af kom.

"Durban. Do you know Durban?"
"Well, I have been there quite a few times before," het ek uit die veld geslaan gesê.
"Is it really as dangerous as they tell me? Do people really walk with guns (sic) on the street? Do they point it at you and say: 'Hundred dollars, now!'?"

Al hierdie vrae het oor haar lippe geborrel. Ek kon my ore nie glo nie. Hier in die vreemde, nie eers 'n blok en 'n half van ons gastehuis af nie,is daar 'n vrou wat wil weet wat in my land aangaan. Haar opgewondenheid was aansteeklik. Haar vriend werk blykbaar vir 'n skeepsmaatskappy en sy gaan haar bes moontlik saam met hom in Durban gaan vestig.

Wat my egter verbaas het, is die blote feit dat sy bekommerd was oor haar veiligheid. In Suid-Afrika het die min wat van my trippie na hierdie (op die oog af kalm) land gewaarsku. Mense het my verseker van hulle definitiewe min slaap wat my besoek na dié land gaan uitlok. Hoe hulle eenvoudig nie kan glo dat ek na so 'n geteisterde land sou wou kom nie. Die feit dat die land se onlangse geskiedenis en hulle huidige politieke omgewing my belangstelling prikkel was vir die meeste mense vreemd en eintlik onverantwoordelik.

Haar vrees vir my eie land (My land van riwwe goud en rugby…) het my uit die veld geslaan. Hier is sy, in 'n stad waarop daar redelik onlangs vuurpyle gevuur is. Sy werk by die kassier van 'n alledaagse supermark. Mense koop nog melk en brood. As die batterye groet , is daar nuwes. Elke dag praat mense nog oor dit en dat.

Die vreemde hou nog gevaar in.




1 comment:

Anonymous said...

Awe my skat. Wel dis al van die oertye af duidelik. Die mens is banger vir die gerugte van die onbekende as vir die feite van hul daaglikse realiteite. But anyhow, mis jou moer toe en is nogsteeds insanely jealous. ps. Vanaand 'n documentary op Carte Blanche gewees. Derek Watts was in Gaza. ongelooflik hartseer. Hoop jy en Lodie het 'n extreme tydjie. Luv jou. Claudi... en die ander Gedrogte. Hehe.