Thursday, January 29, 2009

Israel

Ek het vandag weer eens besef hoe die KLR en Naboom2Germany verlede jaar my lewe verander het. My terugkeer na Eilat het baie herinnerings losgemaak.

Today I realised again how much the KLR and Naboom2Germany changed my life last year. My return to Eilat was with mixed feelings.

In die berge bo Eilat. In the mountains above Eilat.

Vandag het ek die KLR werklik gemis, en baie van die mense wat ek gedurende Naboom2Germany ontmoet het. Baie van hulle is so naby en tog ook so ver. Ek het vanmiddag laat op 'n rots langs die pad gesit en soos 'n brandsiek hond in die verte gestaar, na die berge in Egipte. Dit was 'n Saterdag toe ek by daardie berge aangekom het nadat ek deur die Sinai gery het. Die pad het deur die berge afgekronkel en voor my was die Rooi See. Die ligte op die donker hang is die Israeliese grenspos. Daar het ek 8 maande gelede Israel binnegekom.

Today I missed the KLR, and the people I've met during Naboom2Germany. I am so close to many of them and still so far. Late afternoon I sat on a rock and looked at the mountains in Egypt in the distance. After crossing the Sinai desert I reached those mountains before seeing the Red Sea for the first time. The lights in the foreground are at the Israeli border post. There I entered Israel 8 months ago.

Kliek op die foto en kyk dan na die berghang. Daar kan mens die grens tussen Israel en Egipte sien.

Click on the photograph and have a close look at the ridge. There one can see the border fence between Egypt and Israel.

No comments: