Friday, January 16, 2009

My boek

Die nuwe jaar is al 16 dae oud.

My boek het 'n naam. Ek het nie die naam uitgedink nie maar het dit by een van die baie puik mense gekry wat my reis oor Afrika op die internet gevolg het. Emil, jou voorstel was puik. Baie dankie!

Die boek se titel gaan wees

Noord van Naboom

Dis nog 'n lang en ver pad tot daar einde Junie wanneer dit moontlik klaar gaan wees. Dit gaan so ongeveer 329 bladsy wees, afhangende hoeveel ek moet regskryf en weggooi.

Die uitgewer gaan oor so 'n paar weke die voor- en agterblad klaar he (kappie). Dan kan die bestellings by die uitgewer (per internet) begin.

Ek hoop julle koop die boek!

Dan, ek werk mos met uitruilleerlinge. Baie van hulle is nou al klaar studeer. Dis 'n voorreg om ook nog in hierdie fase van hulle lewens betrokke te kan wees.

Volgende week begin so 'n projek waar een haar CV gaan vergroot as sy na honneurs as joernalis wil begin werk. Wat gaan ons doen? Waar gaan ons dit doen?

Hou die dagboek vir 'n foto of twee dop.

Groete!

1 comment:

DoMo said...

Das Buch wird aber sicher nur in Afrikaans sein, oder??
:-(