Thursday, June 19, 2008

Riga - Letland

Naand!

Ek is vanaand ligweg geirriteer, vir burokrasie, vir tegnologie, vir die web hosting maatskappy in Suid-Afrika. Vir 'n derde keer het al my e-posse net spoorloos van my mailserver verdwyn.

AS JY DUS 'N E-POS AAN MY GESTUUR HET, DIT IS WEG, ONGELEES. STUUR ASB. WEER.


Good evening!

Tonight I am irritated. I am irritated by buerocracy, technology and my web hosting company in South Africa. For the third time on this tour all my emails, read and unread, just disappeared from the mail server.

IF YOU HAVE SENT ME AN EMAIL TODAY IT IS GONE. I HAVEN'T SEEN OR READ IT. PLEASE SEND AGAIN.

Letlandse ontbyt

Gisteraand het die gasvrou my in haar Russies probeer verduidelik dat ontbyt vanoggend om 7 sou wees. (Ons is 'n uur voor Suid-Afrika).

Sewe-uur is ek by die voordeur, gereed vir eet.

Verkeerd. Sy kom uit met twee handdoeke en druk dit in my hande. Ek beduie van eet en sy skud haar kop. Njet!

Sy neem my na 'n afskorting en beduie ek moet my klere uittrek en handdoek ombind. Ek kon nie glo dat dit is hoe mens ontbyt in Letland eet nie!

Toe sy om die hoek stap, trek ek vinnig uit en sit die handdoek om. Ook net betyds. Sy kom haal my en lei my verby die ontbyttafel, sauna toe!

So begin my dag toe alleen in 'n sauna. Dit was eintlik lekker. Dit het net lank gevat om aan die sweet te kom want na Khartoem se hitte bly alles vir my koel.

Dit is vir my die lekkerte van 'n reis. Soveel dinge gebeur op jou pad wat jy nie verwag nie. Soos 'n sauna voor ontbyt.

Ek is nou borrelend van energie vir die ry, heel moontlik rigting Riga toe.

PS Wie in Naboom het 'n sauna wat ek mag gebruik?

Wednesday, June 18, 2008

Onthou om op foto's te kliek

Letland - Woensdag se foto's


Onthou julle Prinses, 'n inskrywing van baie maande terug? Ek hou nou intens die ooievaars dop, en hier is baie, en baie wat broei met kleintjies in die nes.

Do you remember the post about Princess many months ago? Now I am watching the storks with big interest. Here are many, and many nests with small ones.


Na die grensteleurstelling het ek letterlik die grondpaaie gevat en net gery, doelloos en geesloos.

After the big disappointment at the border I took the gravel roads and rode, without aim or purpose.


Ek is beloon met hierdie gesig. Dit is 'n baie afgelee gebied. Hierdie vragmotor met kruideniersware ry van dorpie na dorpie en verkoop die goed langs die pad. Ek kon eers nie verstaan hoekom ou tannies in die lang gras of onder die bome net gesit en wag het nie. Die dametjie hier voor het met haar man en dogtertjie op 'n klein motorfietsie gekom.

I was rewarded with this sight. It is real outback here. This truck goes from village to village and sells groceries to the people waiting next to the road. That explained to me the many old ladies sitting in the grass or under trees, waiting. The young lady in front came with her little daughter and husband, all three on one small motorcycle.


Sy verkoop en bestuur die trok.

She sells and drives the truck.


Heelwat later die middag. Hierdie twee is Russe, deel van die Russiese minderheid in Letland. Hy wou pertinent met sy hand op die windskerm staan. Wie redeneer met 'n man wat so 'n byl vashou?

Many hours later. These two are Russians, part of the Russian minority in Latvia. He was determined to keep his hand on the fairing. Who argues with a man carrying such an axe?


Hul pel was so gekletter hy kon skaars staan. Hy wou afgeneem word met my sonbril op, helm en handskoene in sy hand. Wie redeneer met 'n dronk Rus as sy vriend 'n groot byl vashou?

Their friend was gone, although he was still with them. He demanded to be photographed with my glasses on, helmet and gloves in his hands. Who argues with a drunk if his friend is carrying an axe?


Hier het ek klassieke potretfoto's geneem. Dit is die nuutste Mooiloop wat sy deurblaai.

This was a photographer's paradise. I took many photographs. She is paging through the latest Mooiloop.

KLR op Ruslandgrens, word nie toegelaat


Naand!

Dis die treurige waarheid. Ek is nie in Rusland toegelaat nie. En dit na 15 000 km. Redes? Dit het alles begin by die mense wat nog steeds 'n helse muur in hul koppe het en nie wyer mag dink nie.

Neem jou voertuigregistrasiesertifikaat. Kyk na die tweede lyn van bo. Voertuigregisternommer. Hoe verklaar jy vir 'n Rus wat die verskil tussen 'n Voertuigregisternommer en 'n voertuigregistrasienommer is?

Die mense sien net registrasiedokumente uit Europa, en enige ander dokument is vir hulle bedrog. Wat nog van 'n dokument uit Suid-Afrika waar die Voertuigregisternommer nie die registrasienommer is nie?

Ek was bitter teleurgesteld. Nou soek ek die positiewe in die situasie, en daar is baie.

1) Nou kom ek beslis terug om oor Siberie te ry, die volle 12 000 km.
2) Ek het nou soveel meer tyd om Letland, Litaue en Pole te leer ken.

Ek haal my hoed af vir die KLR wat my tot op die Russiese grens gedra het. Slegte nuus vir die Russe: Ons kom terug!



Good evening!

Yes, that is the sad reality. I travelled 15 000 km just to be blocked off at the Russian border. The reasons for the refusal? It all started with the big wall that so many people still have in their heads and where independent thinking is still not allowed.

Take your South African vehicle registration paper. Look at the second line from the top. Vehicle Register Number. How doen one explain to a Russian that a Vehicle Register Number is not the vehicle registration number? Impossible!

These guys at the border see only registration documents from Europe. Anything else is forged, Especially if it is from far south of the equator!

I was bitterly disappointed. I tried to figure out what could be positive in the whole situation and found out there is a lot!

1) I am more than ever motivated to come and ride across Siberia, the whole 12 000 km!
2) I have more time now to discover Latvia, Lithuania and Poland.

I salute the KLR for carrying me this far. Bad news for Russia: We will be back!

Tuesday, June 17, 2008

Syfers, getalle, liters

Vir die manne wat in die tegniese deel belangstel: Tot vanoggend toe het die KLR 14 997.4 kilometer op die toer afgele, 660.126 liter brandstof verbruik vir 'n gemiddeld van 22.72 km/l, of 4.4 l/100 km.

For those interested in figures: The KLR has done since the start of the tour 14 997.4 km, used 660.126 liters of fuel, with an average of 22.72 km/l or 4.4 l/100 km.

Die KLR nou in Letland!


Die trek gaan aan, rigting noord. / The trek continues, always north.


Van daar het ek gekom toe die teerpad opgehou het. / From there I came after the tar road had stopped.


Ek wou mos Afrika se alleentes mis! / The result of missing the wide open spaces of Africa.


Ek kom toe op die eensame boerehuis af. / I saw this farm house and turned off the track.


Fontein, twee emaljebrekers, sitbank. Soos in Soedan. / A well, two mugs, a wooden bench. Like in the Sudan.


Vuurmaakhout vir die bitter lang, donker, koue maande wat binnekort begin. / Firewood for the long, dark and cold months that will be here soon.


Mens kon ruik waarvoor die klein huisie gebruik word. / One could smell for what this little wooden structure is being used for.


Waar is die mense heen? Daar was nie 'n mens in sig nie. / Where did the people go? There was no one in the vicinity.


Die KLR merk nog 'n land op sy tenk af: Letland. / The KLR ticked off another country visited: Latvia.


In 'n klein dorpie het ek gestopvir 'n soet broodjie, stukkie wors, en 'n Coke. Alhoewel die son geskyn het, was daar min krag in die suidsonnetjie. / In this small village I stopped for a sweet bread bun, piece of sausage and a Coke. The sun was shining but there was no heat in this southern sun.


Dik aangetrek in die son. Almal om my was ewe dik aangetrek. / I am sitting with many layers of clothing. Also the villagers were clothed warmly.


Ukmerge (Litaue) tot Rezekne (Letland)

Vandag was ‘n Russiese dag. Nie wat die taal betref nie maar hoe die dag afgeloop het.

Laasnag het ek aanmekaar bly nies. Die groen velde gee my ‘n reuse hooikoors.

Ek het in gietende reën begin te ry. My reenbaadjie uit Nairobi se tyd het die gees gegee.

Weer het die teerpad opgehou en die keer is ek vir meer as ‘n uur oor ‘n grondpad oor heuwels en deur valleie. So het ek baie meer van die lewe op die platteland kon sien.

Ek het WEER ‘n afrit gemis, die keer in Dwinsk, Letland.

Dit reën nou weer.

Voor julle dink ek kla, dit was ‘n wonderlike dag! Al die goed wat ek hier bo genoem het, is die bewys dat ek die voorreg het om in ‘n baie, baie vreemde deel van die wêreld te mag reis.

Ek het as kind miskien te veel Heinz Konsalikboeke met Ruslandtemas gelees. Vandag deur die verlate dele van Letland het ek al hoe meer die gees van die Konsalikboeke begin te verstaan.

Ek is vanmiddag oor die grens Letland in, die laaste land voor Rusland. Dit is by verre die meer armoedige land waardeur ek in Europa gereis het. Ek het die vroue gebuk op die lande sien werk, ek het die ou vrou met gumboots haar koei sien aanjaag, ek het die perdekar gesien wat moet instaan waar die geldjie vir ‘n motor nie genoeg is nie. Ek het deur dorpies gery waar die 21ste eeu nog lank nie aangekom het nie.

Die toerisme infrastrukuur is in Letland swak vergeleke met Pole. Ook in Litaue is dit maar skraps maar beter as hier in Letland.

Ek het soms vandag daardie alleen gevoel gekry wat ek ‘n paar keer in Afrika gehad het. Hierdie wêreld is groot en die mense min.

More oggend baie vroeg wil ek by die Russiese grens wees. Ten spyte van my Russiese visum is daar geen waarborg hulle gaan my as enkelreisiger inlaat nie. Die Koue Oorlog is verby. In die koppe van die mense vat dit egter baie langer.

Ek moet gou om verskoning vra dat ek nie op e-posse antwoord nie. Internet is duur en skaars en nie altyd vinnig nie.

Ukmerge (Lithuania) to Rezekne (Latvia)

Today was a Russian day. Not in regards of language but in the way the day progressed.

Last night I sneezed continuously. The lavish green fields are giving me hay fever.

I started riding in pouring rain. My raincoat that dates back to the time spent in Nairobi has perished.

Again the tar road ended, and this time I spent more than an hour on a dirt road riding over hills and through valleys.

AGAIN I missed an offramp, this time in Dwinsk, Latvia.

It is raining again.

Before you think I am complaining, it was a wonderful day! Al of the above mentioned, is proof that I am privileged to be travelling in a very, very unfamiliar part of the world.

As child I might have read too many Heinz Konsalik books with Russian themes. Today, through the deserted parts of Latvia, I started to understand the spirit of the Konsalik books, more and more.

This afternoon I crossed the border into Latvia, the last country before Russia. It is by far the most underprivileged country in Europe through which I have travelled. I saw woman working bent-over in the fields, I saw an old lady with gumboots on shepherding her cow, I saw the horse cart that had to stand in where there is no money for a car. I rode through towns where the 21st century has long not arrived yet.

The tourism infrastructure of Latvia is poor in comparison to Poland. In Lithuania it is also inadequate, but better than in Latvia.

During today, I occasionally got that lonely feeling that I experienced a couple of times in Africa. This country is big and the people few.

I want to be at the Russian border tomorrow morning very early. In spite of my Russian visa is there no guarantee that they will allow me entry as a single traveller. The Cold War is over. In the minds of the people it takes longer.

I have to apologise that I can’t answer e-mails. Internet is expensive, scarce and not always fast.