Monday, October 13, 2008

Interessante gedagte van Nicole en Uwe

Goeie more!

Die kuier van Uwe en Nicole is verby en ek het gisteraand lekker oor ons naweek se gesels kon slaap.

Nicole het gisteroggend iets gesĂȘ wat my bygebly het.

Van hul vertrek uit Duitsland op 6 Januarie 2008 het sy die hele tyd negatief oor mense gedink. Sy het die hele tyd verwag iemand sou hulle skade aandoen. Sy het daarop gewag. En gewag. En gewag.

Toe kom hulle in Egipte aan. Sommer die eerste dag al het hulle behoorlik vasgesit en kon hul die trok nie uitkry nie. Hulle moes toe die nag gestrand daar oorbly.

Die nag word hulle toe deur twee gewapende mans aangeval. Hulle het die hele tyd op Nicole en Uwe geskreeu om die deur van die trok oop te maak, anders sou hulle skiet. Uwe het die deur van binne met hul brandblusser blokkeer.

Hulle het daarin geslaag om die twee mans uit die slaapgedeelte van hul trok te hou maar voor in die stuurkajuit het die mans geplunder, o.a. ook hul GPS.

Vandag beskou Nicole die aanval op hulle as die gevolg van haar negatiewe instelling wat sy oor die mense gehad het. Na 'n sielegewroeg het sy haar instelling verander, en vanaf toe tot nou het hulle net die wonderlikste ervarings met mense gemaak.

Haar slotwoorde was: Jou woorde en gedagtes vorm jou toekoms.

Hul webblad in Duits is by www.karifa.de

No comments: