Thursday, October 4, 2007

Baie interessante berig en foto's

Ek het van my ou bosvriend Johannes die volgende link gekry:

http://www.advrider.com/forums/showthread.php?t=255953

Dit was vir my totaal fassinerend om die egpaar se reisberig te lees en veral na hul foto's te kyk. Dit het my weereens laat besef daar is soveel interessante mense wat net so interessante reise doen, en danksy die moderne tegnologie kan 'n mens al hoe meer daarin deel.

Ek het gisteraand in die nuwe WEGRY die berig van Johan Badenhorst se ekspedisie Kilimandjaro tot Kaïro gelees. Hulle beskryf die pad noord van Marsabit in Kenia tot by die Ethiopiese grens as die slegste pad in Afrika, gevaarlikste met struikrowers, ens.

Ek was verras om te lees dat hul nie hul reis met hul voertuie kon voltooi nie omdat hulle voertuie nie in Egipte toegelaat is nie. Hulle moes met die trein Kairo toe ry om die reis te voltooi. Ek kon nie mooi agter die kap van die byl kom wat die probleem was met hul Carnet de Passage was nie.

Droom + burokrasie = dikwels 'n verpletterde droom

Groete

No comments: