Sunday, December 14, 2008

Waterberg

Hierdie Sondag was weer een van daardie mooi Waterbergdae. Ek en swaer Fanie het 291 km deur die mooi groen Waterberg gery. Die reën het ons langs die pad gevang, maar wie kla ooit oor reën in die bosveld?
 
Ek sit nou en doen voorraadopname van wat ek die laaste twee weke ervaar het: Ons eiesoortige Karoo, ons mooi kuslyn daar verby Gordonsbaai, die paradysgroen van die Oos-Kaap, en vandag ons pragtige bosveld.
 
Vanaand skink ek my koffiebeker vol koffie op dié stuk aarde wat ons "ons" land noem!

No comments: