Wednesday, December 17, 2008

Bosveld en bande

So lyk die KLR se agterband na 23 000 km.

Wat is die geheim?

Moenie deur die ratte jaag nie! Versnel egalig, rem egalig.

Die band is 'n Michelin Anakee.

Ek was vandag in Johannesburg. Ek is laatmiddag weg uit Pretoria terug Naboomspruit toe. Die bosveld was in die sagte laatmiddaglig mooi. Ek het gewens ek kon net aanhou ry en ry.

Afrika roep!

Ek wonder of ons altyd besef hoe bevoorreg ons is. Ten spyte van baie dinge.

Het jy al geregistreer om volgende jaar te gaan stem?

No comments: