Tuesday, March 31, 2009

Die roep van Afrika

Goeie middag!
 
Oor bietjie meer as vyf weke is ons op pad in Afrika in. Gaan dit dié keer in 'n bakkie baie anders wees as verlede jaar toe ek alleen met die motorfiets gery het?
 
Ek sien uit 'n dak oor my kop. Ek sien uit daarna om nie te warm of te koud te kry nie. Ek sien uit daarna om, as ek baie moeg geskud is, net eenvoudig stil te hou en vier wiele onder my te hê wat my regop hou.
 
Of dit werklik lekkerder gaan wees? Dit sal ek einde Julie as ons in Egipte is, weet.
 
Einde van dié week kry ek die boekmanuskrip in sy finale uitleg. Na my laaste keer se lees gaan dit drukkers toe, wat nog 'n verdere ses weke gaan wees. Ek sien werklik daarna uit om dit te sien, die gevoel daarvan te kry.
 
Ek gaan tydens die rit Egipte toe wel op die dagboek skryf, maar min. Ek gaan julle net so 'n kort kykie in ons daaglikse afloop gee. Op Africa our Home se blog gaan ons oud-studente meer skryf of met hul foto's vertel. Die webbladadres is www.fsa-youthexchange.co.za/africaourhome.htm (.) Teken gerus op ons nuusbrief in, dis gratis en lekker en 'n kykie aan die binnekant.
 
Lekker aand!
 
 
In just over five weeks we are on the road into Africa. Will it be different from last year when I was on the KLR alone across Africa?
 
I look forward to having a roof over my head, to have moderate temperatures, not too warm or not too cold. I look forward to stopping when I am tired, having four wheels to keep me upright and support me.
 
Whether that will be more enjoyable? I will know after we got to Egypt during July.
 
End of this week I will get the book manuscript in its final form. I look forward to seeing the layout. After my final proofreading it will go to the printers, which will take another six weeks.
 
During this upcoming trip I am going to write on the diary, but not long reports. That you will find on the Africa our Home blog, which our ex-students will keep updated. The link is at www.fsa-youthexchange.co.za/africaourhome.htm (.) You can subscribe to the newsletter as well. It's free, you will enjoy it and will get some lekker gossip from inside the group.  :-)
 
Enjoy your evening!

No comments: