Saturday, October 10, 2009

Saterdagrit

Hier is heelwat mense op Naboom met motorfietse. Vandag gaan die manne 'n groot toer doen deur die Waterberge Marekele toe. Dis bergpasse en grondpaaie met baie wild langs die pad.

Ek wens ek kon saamry maar weens ander verpligtinge is dit vandag nie moontlik nie.

Daar is een KLR en 'n Africa Twin tussen al die BMW's. Wat is die gesegde oor die room wat in die minderheid is? :-)

Grappies op 'n stokkie. Ons is bevoorreg om in so 'n mooi omgewing te woon.

1 comment:

Anonymous said...

Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.