Wednesday, June 3, 2009

Lodie: RSG onderhoud met Inge en Annami

Goeie more uit Awassa, Ethiopië!

Ons het Sondag laatmiddag hier in Awassa aangekom en sal eers moontlik
Donderdagmiddag verder ry. Dis 'n lang storie, een van daardie dinge
wat met reis in Afrika saamgaan. :-) Ons behoort so teen Vrydag
vroegmiddag dan in Addis te wees.

Saterdag is dit die dag van verandering. Vroegoggend vertrek Annami,
laatnag kom Marizanne uit die koue Kaap aan.

Ek wonder hoe 'n groot skok gaan Addis en Afrika op Marizanne wees ...

Wilna Matthee van RSG Monitor het laat weet dat die onderhoud met Inge
en Annami gaan ook op RSG se webblad kom. As jy daarna wil luister,
doen die volgende:

Gaan na www.rsg.co.za

Kliek links op Klankargief

Nou kom daar baie letters. Kliek onder M op MONITOR

Die jongste klankbydraes kom bo-aan.

Baie dankie aan Monitor en Wilna Matthee vir die groot ondersteuning
vir ons projek. Nou kan die lesers van ons blog in die buiteland ook
na die onderhoud luister.

Groete uit Ethiopië!

No comments: