Een van die interessante mense wat al my pad gekruis het het, is Johan Bakkes.
Dit was ver terug in Januarie 1995. Ek was met tuisverlof uit Duitsland. Ek het die kans gebruik om 'n draai in Zimbabwe te gaan maak.
In Vic Falls, naby die Wimpy, het ek die figuur, wat my eerder aan 'n boemelaar laat dink het, ontmoet. Hy het 'n lang gewaad aangehad, arms vol koperbande, verweerde groot hoed, en dan 'n bos hare en baard wat lanklaas 'n kam gesien het.
Ons vriend Ferdie het my aan hom voorgestel. Die boemelaar cum reisiger cum uiversiteitsdosent cum rekenmeester cum skrywer in wording.
Nou, veertien later later, lyk hy nog steeds so. Hy het etlike boeke al die lig laat sien. Hy slaag daarin om mans aan die lees te kry. En nou onlangs by 'n onderhoud het 'n seun vir my 'n aanhaling uit een van Johan se boeke gegee hoekom hy, die jongman, Duitsland toe wil gaan.
"Ek reis nie om te sien nie maar om te beleef."
Verlede Dinsdagaand by 'n boekbekendstelling naby Stellenbosch het ons paaie weer gekruis. Hy is binnekort weer op pad met 'n groep vriende. Die keer Indiƫ toe.
Ek sal in Soedan in die Nubiese woestyn een aand 'n beker rou Nylwater lig op hulle. Daar sal weer baie stories wees.