Saturday, August 25, 2007

Die mens se goedheid

Almal blog, dit was dus ook tyd dat ek 'n blog kry. Hoekom? Ek dink dit is 'n goeie manier om julle op hoogte hou waarmee ek nou op die oomblik besig is.

Hierdie eerste blog dra ek aan Liezel en Martin op. Baie dankie vir die tent! Ek hoop ek kan julle volgende jaar 'n foto mail waar die tent erens in die woestyn staan met 'n vereensaamde wese langs dit.

Almal is welkom om bydraes op die blog te skryf. Ek aanvaar natuurlik geen verantwoordelikheid vir enige snert wat enige idioot mag skryf nie.

Groete!

No comments: