Saturday, October 10, 2009

Saterdagrit

Hier is heelwat mense op Naboom met motorfietse. Vandag gaan die manne 'n groot toer doen deur die Waterberge Marekele toe. Dis bergpasse en grondpaaie met baie wild langs die pad.

Ek wens ek kon saamry maar weens ander verpligtinge is dit vandag nie moontlik nie.

Daar is een KLR en 'n Africa Twin tussen al die BMW's. Wat is die gesegde oor die room wat in die minderheid is? :-)

Grappies op 'n stokkie. Ons is bevoorreg om in so 'n mooi omgewing te woon.

Monday, September 28, 2009

Die lekkerte van Afrika

Hier staan my tent vanaand.

Thursday, September 24, 2009

Herlewing!

Gaan loer in by my Naboom2Germany webblad (www.naboom2germany.co.za). Daar is weer lewe!

Na my ry oor Afrika hierdie jaar met dieselfde goeie ervaringe as verlede jaar, het die dinge begin gebeur.

Daar is planne vir 'n 2010 toer, moontlik Rusland en Siberie. En dan is my boek oor my toer verlede jaar beskikbaar ...

Soveel lekkerte op een slag ؛-)

Friday, June 5, 2009

Lodie: Addis Adaba

Good day!

We arrived in Addis a few hours ago, in time for Annami's flight back
home tomorrow morning.

We still cannot load photographs as the internet is really slow.

Everything is fine with us, the Toyota still goes like a rocket and
the tummy bug is busy dying away.

There is a lot of street building activities in Addis. That looks promising.

This afternoon I had my first meal since many days: soft, juicy lamb.
I forgot how much I normally enjoy eating.

Have a great weekend!

Lodie

Wednesday, June 3, 2009

Lodie: RSG onderhoud met Inge en Annami

Goeie more uit Awassa, Ethiopië!

Ons het Sondag laatmiddag hier in Awassa aangekom en sal eers moontlik
Donderdagmiddag verder ry. Dis 'n lang storie, een van daardie dinge
wat met reis in Afrika saamgaan. :-) Ons behoort so teen Vrydag
vroegmiddag dan in Addis te wees.

Saterdag is dit die dag van verandering. Vroegoggend vertrek Annami,
laatnag kom Marizanne uit die koue Kaap aan.

Ek wonder hoe 'n groot skok gaan Addis en Afrika op Marizanne wees ...

Wilna Matthee van RSG Monitor het laat weet dat die onderhoud met Inge
en Annami gaan ook op RSG se webblad kom. As jy daarna wil luister,
doen die volgende:

Gaan na www.rsg.co.za

Kliek links op Klankargief

Nou kom daar baie letters. Kliek onder M op MONITOR

Die jongste klankbydraes kom bo-aan.

Baie dankie aan Monitor en Wilna Matthee vir die groot ondersteuning
vir ons projek. Nou kan die lesers van ons blog in die buiteland ook
na die onderhoud luister.

Groete uit Ethiopië!

Monday, June 1, 2009

Ethiopie foto's

Inge en Annami is moontlik Dinsdagoggend op RSG Monitor. Luister vanaf
6uur Monitor!


Foto 1: Oornagstaanplek vir die Toyota in Moyale / Overnight parking
for the Toyota in Moyale.
Foto 2: My kamer in Mega toe ek verlede jaar op die motorfietstoer was
/ My room in Mega during my motorcycle tour last year.
Foto 3: Onbekende Ethiopiër / Unknown Ethiopian man.
Foto 4: Kleurvolle Ethiopiese vroue wat kom water haal / Colourful
Ethiopian women that came to fetch water.
Foto 5: Drinktyd vir die kleintjie / Feeding time for the little one.
Foto 6: Sy het haar kruisie aan my verkoop / She sold me her cross.
Foto 7: Ons 6 000 km! / Our 6 000th kilometer!