

Ek deel met julle al die vreugde en irritasies, die hoogtepunte en laagtepunte, wat met my motorfietstoer gepaard gegaan het. Die volledige webblad is by www.naboom2germany.co.za



Spesiale dankie aan julle!
A special word of thanks to you!
Ek wil graag so aan die einde van my reis vir julle almal baie dankie sê, dankie vir die e-posse, vir die saamlees aan die dagboek, vir die aanmoediging, die bemoediging toe Soedan se hitte my kop laat hang het, BAIE DANKIE! Vir julle ouens wat ek nog nooit ontmoet het nie en miskien ook nooit gaan ontmoet nie, baie dankie! Julle was wonderlik om so aan ‘n wildvreemde te skryf.
Ek gaan hier onder ‘n klompie name alfabeties noem van mense wat voor die toer hulle ondersteuning op so baie maniere gewys het. Ouens, ek waardeer dit so baie! Dankie. Ek sal weer met julle kontak maak wanneer ek by die huis is.
Nearly at the end of Naboom2Germany I would like to thank you all for all the emails, for reading with in the diary, for the support and motivation, especially when the heat in
Below I am going to mention a few names of friends that contributed in many ways to my long tour. Thank you! When I am back home I will contact you again.
My kollegas Lize Cloete en Suzanne Baker – sonder julle groot insette op kantoor sou ek nooit die reis kon doen nie!
Trevor + Louise Bernardt
Rina Bondesio
Lodie de Jager (sr)
Louis + Riana de Villiers
Gerhard + Nettie de Villiers
Ernst-Jὔrgen Diekmann
Greg du Plooy van Jetline Lynnwood
Charlene Kennedy
Anja Lubbe
Luke Signs van Marble Hall
John Mailovich
Dorothée Moritz
Lynne Platt – Silver Cube Promotions
Martin + Liezel Prinsloo
Anne Rebstock
Helen Robb
Jacques + Estelle Roos
Minette Roos
Ronelle en Steve Steyn
Krap Venter
Marius Venter van Interexcel
Rezanne Wessels van Mooiloop
To end off this letter I want to quote Ray Muller who sent me valuable preparation material before I left on this tour. Here are only a few points. When reading this you will understand where I am at this point of Naboom2Germany.
Goodbye until next week on my final leg home!
Lodie

Ek het aan die begin van my beplanning van Naboom2Germany op die KLR besluit as gevolg van vier oorwegings:
Met die beplanning het daar toe nog ‘n vyfde rede bygekom. Egipte het ‘n 200 % deposito, bereken op die huidige waarde van die fiets, vereis voordat mens die fiets die land kon inneem. Reken maar self uit wat ek sou betaal het, sou ek ‘n duur motorfiets van R 110 000.00 gehad het.
Aankoop van my KLR
Ek het die KLR op 1 Maart 2007 van Centurion Lifestyle gekoop. Die fiets was nuut, en die prys R 42 000.
Oefenritte
In die jaar voor Naboom2Germany het ek 15 000 km gery onder alle omstandighede: Teer, sand, grond, sinkplaat, grasvlaktes sonder paaie.
Die KLR is deur al die ritte sonder enige probleme.
Opgradering van die KLR
Ek het op die opgradering van die KLR besluit omdat ek die hele toer alleen sou ry sonder sonder enige bystand van enige aard.
Ek het Ray Muller van Cytech, ‘n veteraan van talle Trans-Afrika-ekspedisies, om hulp genader.
Ray het die volgende gedoen:
Naboom2Germany
My toer het op 15 360.1 km begin.
My filosofie was van die begin af duidelik: Dit was nie ‘n sporttoer met so vinnig as moontlik ry nie. Ek het getoer. In Afrika was ek meestal teen 80 – 90 km/h op pad. In Europa, selfs op die snelweë, was ek meer as gelukkig teen 110 km/h.
Omdat ek alleen op pad was, het ek die KLR soos ‘n dame hanteer. Kry jy die boodskap? Die KLR kon baie vinniger ry as ek sou wou vinniger ry. Ek wou egter nie. Gelykmatig weggetrek (bande en ketting) en goed na die fiets kyk was die modus operandi.
My kommentaar op Ray se opgraderings:
Die KLR se afstandmeter staan nou op 33 616.4 km. Gister op die lughawe by Munchen toe ek die fiets vir die laaste keer in Europa afgeskakel het, het hy 18 256.3 km op die Naboom2Germany toer gedoen. Tot ek einde volgende week by die huis in Naboom gaan aankom, gaan die kilometers opskuif het na ten minste 20 000 km.
Dienste tydens Naboom2Germany
Tel Aviv – olie, oliefilter, petrolfilter
Altenstadt (Duitsland) – olie, voorband.
Ek het twee ekstra lugfilters saamgeneem wat ek na baie stowwerige gedeeltes ingesit het. Ek het ook die lugfilter olie saamgery.
Brandstofverbruik
Ek het nooit enige ekstra brandstof saamgery nie. Ek het nooit op reserwe oorgegaan nie (laaste 5 liter in die tenk) behalwe op 1 Junie toe ek in Langenselbold, Duitsand, aangekom het.
Ek kon gister nie op die lughawe volmaak nie omdat die fiets leeg moes wees. Oor die laaste 17 857,1 km van Naboom2Germany het die KLR 783,166 liter petrol verbruik teen ‘n gemiddeld van 22.8 km / liter.
Die verste afstand ooit tussen twee volmake was 408,2 km, en toe het ek 16.93 liter ingegooi.
Die laagste verbruik was in diep sand in die Nubiese woestyn (Soedan), nl. 14.88 km/l. Die beste verbruik ooit tydens die toer was 25.53 km/l in Letland.
Probleme met die KLR tydens die toer
Ek wonder of julle genoeg tyd gaan hê om deur al die probleme te lees. Waar gaan ek begin?
Pap wiele: Geen
Enige herstelwerk aan die fiets: Geen
Elektroniese probleme: In Italië een sekering (fuse) vervang. Dit was vir die hooflig en paneelbeligting.
Mense, dit was al. Na meer as 18 000 km loop die KLR nog steeds probleemloos!
My slotwoorde oor die KLR
Dis nie die toerfiets vir die spoedvraat of Blink Bennie nie. Dis ‘n toerfiets vir hom / haar wat eerder in betroubaarheid as spoed belangstel, wat by die verste uithoeke van die aarde wil gaan draai sonder ‘n begeleivoertuig.
Ek het so ‘n groot bewondering vir dié fiets gekry dat ek
As ek more weer ‘n fiets sou moes koop vir ‘n toer deur verre, afgeleë dele, dan sou dit ‘n KLR wees.
Ek wil net noem dat ek geen borgskap van Kawasaki Suid-Afrika gekry het nie (ek het ook nie daarvoor gevra nie), ook nie van die handelaar waar ek die fiets gekoop het nie (ek het ook nie daarvoor gevra nie), ook nie van Ray Muller van Cytech nie (ek het ook nie daarvoor gevra nie).
Ek het bogenoemde geskryf sonder enige verpligting teenoor enige mens of maatskappy. Dit was my ervaringe, en waar ek lof uitspreek, doen ek dit omdat die produk of persoon dit verdien het.

At the start of the planning phase of Naboom2Germany I decided to do the tour on a KLR. I based my decision on four arguments:
Later a fifth reason was added:
Purchase of the KLR
I bought the KLR new from Centurion Lifestyle on 1st March 2007. Price: R 42 000.00
Training rides
I did about 15 000 km on long and short trips to improve my skills. I did a lot of riding in sand, on gravel and through the
I never encountered any problems with the KLR during these long rides.
Upgrading of the KLR
I decided to upgrade the KLR only due to one reason: I would be doing the tour on my own without any assistance or help of any kind in the form of support vehicles of other riders.
I contacted Ray Muller of Cytech. Ray is a knowledgeable and experienced rider of many trans-Africa tours.
Ray suggested the following changes:
Naboom2Germany
My tour started with the odometer reading on 15 360.1 km.
From the beginning I decided that my tour won’t be a sport-riding tour, i.e. as far and fast as possible. I toured the continent. In
To get the most from the bike I decided I would treat it like a gentleman would treat a lady: Gently. Do you get the message? The KLR could have gone much faster but I wasn’t interested in racing through the gears each time. It was all about saving the tyres and chain / sprockets to get the highest possible mileage.
My comments on all the upgrades done by Ray:
The odometer reading of the KLR stands at 33 616.4 km now. Switching it off at
Maintenance / services during Naboom2Germany
Tel Aviv – oil, oil filter, fuel filter
Altenstadt (
In my luggage I had two extra air filters, which I’ve used after very dusty stretches.
Fuel consumption
I never carried any extra fuel. I never went on reserve (last 5 liters) except on the 1st June on my way to
I couldn’t fill up at the airport yesterday as the petrol tank had to be nearly empty during the flight. On the last 17 857.1 km of Naboom2Germany the KLR used 783.166 liters of fuel, which gives an average of 22.8 km/l.
The longest distance travelled between filling-up was 408.2 km, and then I put in 16.93 liters.
The worst average was in the
Mechanical problems on the KLR during the trip
Where will I start? Will you have enough time to read through all of it?
Punctures: Zero
Repairs on bike after mechanical failures: Zero
Electronic problems: In Italy I had to replace one fuse, the fuse for the headlight and instrument lighting.
That was the one and only problem on the KLR. And now, after more than 18 000 km on tour and without a proper service it is still running fine.
My final résumé on the KLR
The KLR is not the ideal bike for the speed freak or Shiny Shaun of the suburbs. It is a dual-purpose bike for the guy or lady that first of all wants a reliable bike, with which they could tour to the furthest corners of the earth, especially without a support vehicle.
I admire the KLR, I love the sound of its one cylinder, I am going to exhibit it in my coffee shop (another dream) one day after many more long distance tours.
If I had to buy a bike to start a trip across
I have to mention that I never approached Kawasaki South

