Dieser Bericht haette schon fueher erscheinen sollen, aber wie Technologie (und der Mensch!) ist, gibt es immer Ausreden.
Ich habe vor zwei Wochen mein Motorrad bei Biker Point in Altenstadt / Hessen warten lassen. Der Besitzer, Herr Gerhard Stegmann, hat mich fuer die Dauer der Wartung ein Leihmotorrad gratis zur Verfuegung gestelt. Dafuer moechte ich mich bei ihm bedanken!
Tuesday, June 24, 2008
Monday, June 23, 2008
Gegroet!

Naand!
Vanaand is daar ongelukkig nie baie tyd vir skryf nie. Ek deel met julle een foto van die dag se ry.
Kyk na die voorblad van die webblad (www.naboom2germany.co.za). Ek het 'n paar veranderinge aangebring. Druk jou sleutelbord se F5 knoppie vir die nuutste weergawe.
Onderaand die indeksbladsy is die horlosie vir die KLR se aankoms in die Kaap oor minder as twee weke.
Rina, baie dankie vir gisteraand se Engelse vertaling!
Good evening!
Tonight there is unfortunately not much time to write. I'll share one photograph of the riding today.
Have a look at the index page of the website (www.naboom2germany.co.za). I made a few changes. Press the F5 key on your keyboard for the newest version.
On the index page below is the clock to the arrival of the KLR in South Africa.
Rina, thank you so much for the English translation last night!
Sunday, June 22, 2008
Torun, die mooiste onder die mooies
Ek maak my nou skuldig aan subjektiwiteit. Dis seker maar net menslik.
Dit was 'n lang dag op die KLR. Reen. Wind. My kaart verloor. Nog 'n stad verskyn voor my. In my kom reeds die gevoel van sukkel. Sukkel om borde te vind in snaakse tale. Sukkel om op die regte pad te bly.
Die stad se naam is Torun.
Torun word vir my toe die mooiste onder die mooi wat ek al gesien het.
Net voor die stad steek die son skielik sy kop uit en verlig die stad in die mooiste geel.
Die ou blokwoonstelgeboue uit die kommunistiese tyd staan soos piramides voor my, maar hulle is nie lelik nie. Al die geboue is in die mooiste kleure geverf. Skielik lyk selfs dit vir my mooi.
Die pad in stad toe is breed. En daar is min motors. Dit voel sommer of mens in gly in die stad in, sonder moeite.
Toe kom die mooiste groot rivier met spanbrue oor, die Vistula. Die vroegaandson gee aan die water die kleur van vrede. Watter kleur is vrede? Vir my was dit goud-bruin-blou-groen, die water van die Vistula.
Die pad vat my nog 'n paar draaie deur die stad. Ou geboue. Mooi geboue. 'n Oustad-gedeelte wat uitnooi om te stop. Hotelle, modern en oud, iets vir elke smaak.
In die oustad-gedeelte (medieval old town, as my Afrikaans snaaks klink) is Kopernikus gebore. Dit is ook gelys op Unesco se Wereld Erfenis Lys (kappie op e)
Ek kom by 'n groot sirkel, ry tweekeer om die sirkel, nie omdat ek pad soek nie maar om die 360 grade panorama te geniet.
Ek stop 'n paar keer vir 'n foto. Deur die lens kry ek nie die gevoel van die laatmiddagson, outydse grasie en die wonderlike argitektuur nie. Ek sit finaal die kamera weg sonder om een foto te neem. Dit is eerder tyd vir kopfoto's.
Toe ek daar wegry, voel ek vergenoegd, tevrede. Hoe beskryf mens die skoonheid van 'n vrou? Jy kan nie. Vir die volgende een mag sy minder mooi wees.
Beauty is in the eye of the beholder. Ek het Torun op my lys gesit van plekke wat ek weer sal wil besoek, soos St. Petersburg en die Amber Room.
Torun, the most beautiful of all.
I am making myself guilty of subjectivity. It is probably human.
It was a long day on the KLR. Rain. Wind. I lost my map. As another city appeared before me, a feeling of unease settled in me. I had trouble finding direction on signboards in strange languages. I had trouble staying on the correct road.
The city’s name is Torun.
Torun then became the most beautiful of all the places that I have seen.
Just before I entered the city, the sun came up and lit up the city in the most beautiful yellow.
The old blocks of flat dating back to the Communistic era, stood like the pyramids in front of me, but they were not ugly. Al the buildings were painted in the most beautiful colours. Suddenly, even that looked beautiful to me.
The road leading into the city was broad. And there were very few cars. It almost felt like a person was gliding effortlessly into the city.
Then, the most beautiful river with bridges over appeared before me, the Vistula. The early evening sun gave the water the colour of peace. What is the colour of peace? For me it was the gold-brown-blue-green, the water of the Vistula.
The dwindling road took me through the city. Old buildings. Beautiful buildings. A medieval part of town that invited one to stop. Hotels, modern and old, something for everyone. Copernicus was born in the medieval part of town. It is also listed on the Unesco World Heritage List.
I then arrived at a large circle, drove around it twice, not because I was searching for a road, but to enjoy the 360 degree panoramic view.
I stopped a couple of times for photos. But through the lens I couldn’t capture the feeling of the late afternoon sun, old time grace and the wonderful architecture. I finally put away the camera without taking a photo. It was rather time to take headphotos.
When I drove of, I felt content, satisfied. How does one describe the beauty of a woman? You can’t. For the next one she might be less beautiful.
Beauty is in the eye of the beholder. I have put Torun on my list of places to revisit, like St. Petersburg and the Amber Room.
Saturday, June 21, 2008
'n Winderige nat dag in Pole.

So lyk 'n snelweg in Pole. Boomomsoomd. Pragtig. Die pad het van een dorpie na 'n ander gevleg. Vergeet van stres. Vergeet van vinniger as 70 km/h ry.
This is a highway in Poland. An alley of trees. Slinging between towns. Beautiful. Forget about stress. Forget about riding faster than 70 km / h.
Dit het my reeds verlede week opgeval dat die Poolse begraafplase mey blomme oorlaai was. Vandag het die blomme my weer opgeval. Ek moes eenvoudig net stop om die pragtige grafte af te neem. Kyk na die blou hemel daar agter, Groot onweer was op pad.While travelling through Poland the beautiful graveyards struck me. Nearly all the graves had flowers on. Today it was the same. I had to stop to take a few photographs. Look at the dark heaven. A heavy storm was on its way.

Ek is eenvoudig gek na die kaal platteland waar mens die wind deur die gras kan hoor, die woud kan ruik, waar jy kaalvoet in 'n aarbeiland kan loop sonder om waardigheid in te boet.
I love the countryside where one can hear the music of the wind through the grass, where you can smell the freshly cut timber, where one can walk bare-footed in a strawberry field without losing dignity.
Friday, June 20, 2008
Die grondpad is soos medisyne vir die gees.
Naand!
Toe ek vanoggend weg is uit Riga was ek taamlik geirriteerd oor die e-posse en omdat ek nie die webblad kan opdateer nie. As ek so voel, help net een ding: Grondpad en woude en vlaktes en alleen wees.
Toe ek vanoggend weg is uit Riga was ek taamlik geirriteerd oor die e-posse en omdat ek nie die webblad kan opdateer nie. As ek so voel, help net een ding: Grondpad en woude en vlaktes en alleen wees.
Ek het van die teerpad afgedraai en binne minute was ek weg in die Letlandse taiga en toendra. Die een perdeplaas na die ander het langs die grondpad gelê. Toe ek in die woud gekom het, het die bome soms die bewolkte hemel bo toegemaak. Groot stapels boomstompe het langs die pad gelê, met hul eiesoortige reuk.
Ek het by die dorpie Vecumnieki gestop. Op die lande het vroue gewerk. Ek het nader gestap. Dit was aartappels, uie, ertjies, aarbeie. Groot soet aarbeie. Ek het sommer dadelik 'n klompie persent gekry om daar op die land te eet. Die een vrou wou vir my 'n houertjie saamgee maar dit was onmoontlik op die fiets.
Hulle vrolikheid het my beneuktheid omgedraai in 'n groot vreugde om daar te kan wees, om daar te ry en 'n lewe te ervaar waarvan ons so bittermin weet. Ek het aan die houtkruisie geraak en dankie gesê.
Letland het oor die laaste paar dae stadig maar seker in my siel ingekruip. Die ongelooflike groen en vrugbaarheid van die grond laat my aan die paradys dink. Hulle markte is vol van die mooiste vrugte en groente. En die belangrikste, hulle is nie bang vir werk nie.
Dit was erge sinkplaatpad maar die KLR het oor die hobbels gevlieg en ek het 'n baie lekker rit gehad.
Teen laatoggend het dit begin reën. Reën soos in sop, sopnat reën. Ek het vir meer as vyf uur so gery. As jy eenkeer nat is, dan is dit nie meer belangrik hoe lank mens op die fiets sit nie.
Ek is verby 'n vliegveldjie waar 'n klompie Mig's uitgestal staan, Mig 21 en 23"s. Dit was goeie Russiese vegvliegtuie.
Rusland is nie meer vir my 'n verlies nie. Letland, Litaue en Pole is so 'n nuwe ontdekking vir my. Ek sal graag wil terugkom eendag.
En die KLR ry en ry en ry. Ek raak by die dag net liewer vir die fiets.
Lekker aand!
Good evening!
As I left Riga this morning my bad mood about the emails and the website that I cannot update hadn't settled down. Then only one thing helped: Gravel road, forests, green fields and no people around me.
II swung the KLR from the tar road and within minutes the Latvian taiga and tundra swallowed me. I rode past horse farms. Then in the forest big tree trunks were lying next to the track with that typical wood smell in the air.
I got to the village Vecumnieki. On the fields women were busy working, bent down, hard manual labour. I stopped and walked to them. On the fields were onions, potatoes, peas and strawberries. Big red sweet strawberries. The one lady immediately offered me strawberries, which I ate just there. The offered me a little basket full of strawberries, but is was impossible to take it with on the bike.
Their cheerfulness put my own bad mood to shame. I realised again how privileged I am to experience a country and a lifestyle we know so little about. I touched the wooden cross at the handlebar and said thank you.
The track was badly corrugated but the KLR flew over the ruts and I had a wonderful ride.
Then it started raining, pouring rain that got all my clothes wet. I rode for more than 5 hours in the rain. When one is wet then time doesn't play a role anymore. One cannot get wetter than wet.
I rode past an airfield where Mig fighter aircraft were exhibited. There were Mig 21 and 23's. Those aircraft were brilliant Russian fighter aircraft.
What can I say about the KLR. It just goes on and on and on.
Enjoy your evening!
Subscribe to:
Posts (Atom)








